Verwysing: Die woord kom
nie so voor in die Bybel nie.
Beskrywing: Die woord A-millennialisme
beskryf die teologiese beskouing rakende die leerstellings van die gebeure van
die eindtye (eskatologie). Die konsep kan teruggetrek word na Augustinus van
Hippo, ‘n teoloog wat in die vyfde eeu geskryf het en wat hierdie beskouing
gehuldig het. Die woord A-millennialisme wat letterlik "geen
millennium" beteken, kom van die term anti-chiliasme af en ontken in wese
dat daar ‘n letterlike Messiaanse koninkryk op aarde sal wees. Volgens hierdie
beskouing sal profetiese tyd eindig met die wederkoms van Jesus Christus om te
oordeel tussen gelowig en ongelowig en om die nuwe hemele ne nuwe aarde in te
lyf. Daar word dus geen voorsiening gemaak vir 'n vrederyk koninkryk op aarde
nie. Dit is presies die teenoorgestelde as die pre-millennialistiese beskouing
van die eindtye wat leer dat Jesus Christus, ná die groot verdrukking en tweede
koms van Jesus Christus, 'n letterlike vrederyk heerskappy op aarde sal vestig
wat vir eenduisend jaar sal duur. Volgens pre-millennialisme sal die finale
oordeel dan eers plaasvind.
[Ecob, J.R. 2006. A-millennialism
Weighed and Found Wanting. Marayong, New South Wales: Herald of Hope
Publications. ]
[Pentecost, J.D. 1964.
Tings to Come. A study in Biblical
Eschatology. Grand Rapids, Michigan: Durham Publishing Company. p. 372][Walvoord, J.F. 1948. Bibliotheca Sacra. The Millennial Issue in Modern Theology, 106:44]
No comments:
Post a Comment