Sunday, 16 March 2014

LYDSAAMHEID

Lydsaamheid in Engels is patience. Lydsaamheid kom ook in die Skrif voor as lankmoedigheid. Dit is een van die hoof eienskappe van God (Ek. 34:6; 1 Pet. 3:20; 2 Pet. 3:9; Rom. 15:5; 2 Thess. 3:5) en een van die eienskappe wat God in elke Christen se lewe wil inbou (Kol. 1:11; 1 Tim. 6:11; 2 Tim. 3:10; Jak. 1:2-4; 2 Pet. 1:6).

God se lankmoedigheid beteken dat Hy die aanbreek van die oordeelsdag, waarop Jesus Christus die wêreld volgens hulle werke sal oordeel, op so ‘n manier uitstel, dat dit meer mense kans gee om tot bekering te kom en volgens Sy wil te leef.

Dit is wat ons nodig het om geduldig deur verdrukking te gaan (Rom. 5:3-5), deur die Skrif wat aktief in ons lewens is (Rom. 15:4) en as die oog op Jesus gevestig word (Heb. 12:1-3). Lydsaamheid is nie passief nie (Fil. 3:12-14; 2 Kor. 4:16-18), maar besig met God se wil.

4 comments:

  1. Baie dankie vir wonderlike verduideliking

    ReplyDelete
  2. Openbaring 3 vers 10 praat van "omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal ek jou ook bewaar.
    .....
    Hier is God se woord genoem lydsaamheid. Dit kan tog nie hier beteken geduldig ens nie. Of kan dit? Wat beteken "woord" dan hier? God se gebooi?

    ReplyDelete